GROOT-BRAKRIVIER SPORTNUUS - Die Eden-ope, Eden-driekamp se laaste byeenkoms vir die seisoen, is verlede Sondag by Groot-Brakrivier aangebied.
Die podiumuitslae was as volg:
Standaard (Olimpiese) afstand (1 500 m-swem, 40 km-fietsry en 10 km-hardloop):
Mans
- Marsel Roos (2:23:36)
- Danie Cronjé (2:31:51)
- Henk van Zyl (2:41:23)
Vroue
- Liza Visser (2:33:27)
- Tina van Wyk (2:42:05)
- Lelané van der Merwe (2:49:40)
Naelren (Sprint) (750 m-swem, 20 km-fietsry, 5 km-hardloop):
- Christian Hattingh (1:02:35)
- Ben Giliomee (1:06:52)
- Josua Vorster (1:09:38)
Vroue
- Georgia Grobler (1:08:31)
- Elizabeth Pretorius (1:20:09)
- Eileen de Jager (1:22:58)
Georgia Grobler het in die vroue-afdeling se naelren geseëvier. Foto's: Deidre Cloete
Super naelren (Super sprint) (400 m-swem, 10 km-fietsry, 2,5 km- hardloop):
Mans/Seuns
- Stefan Schoeman (0:38:10)
- Gerbrandt van der Merwe (0:39:39)
- Hanno Maritz Jnr (0:39:43)
Vroue/dogters
- Lomé Gouws (0:38:19)
- Annabelle McEwan (0:42:10)
- Anje van Niekerk (0:43:41)
Walter Lutsch kom flink aangedraf.
Marsel Roos, wenner in die mans-standaardafstand.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'