GEORGE MUURBALNUUS - Eden se jaarlikse junior muurballiga het pas by die George-muurbalklub afgeslaan.
Meer as 120 spelers van laer- en hoërskole van oor die Suid-Kaap neem vanjaar aan dié gewilde kompetisie deel.
Die liga bestaan uit 'n afdeling vir hoërskole, waar daar in drie verskillende afdelings meegeding word, sowel as 'n aparte liga vir laerskole. André Jonck, president van Eden-muurbal, het die juniors verwelkom en gesê dis verblydend om soveel jong spelers te sien wat die sport beoefen.
Jonck sê die puik samewerking van skole en hul verteenwoordigers, die insette van die plaaslike afrigterskorps oor die afgelope paar jaar, asook die toegewydheid van die juniors self, dra by tot die groei van die sport en die sukses van die liga.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'