Tydens die sportfees is daar in drie items in verskillende ouderdomme op die ovaalbaan meegeding.
SUID-KAAP NUUS - Fietsryers van Eden het daarvoor gesorg dat Eden as die beste distrik tydens die afgelope sportfees aangewys is. Meer as 300 fietsryers van vier Wes-Kaap distrikte en twee provinsies het aan die sportfees deelgeneem.
Na afloop van die sportfees is die punte wat fietsryers verdien het bymekaargetel en daarvolgens is die wendistrik aangewys.
Eden se fietsryers het met 567 punte gesorg dat dié streek die onbetwisde wenner was. Kaap-metropool was tweede met 406 punte. Derde, vierde, vyfde en sesde plekke was as volg: Kaapse wynlande (274), Weskus (125), Oos-Kaap (86) en Vrystaat (74).
Uit die tien kategorieë is vyf van Eden se
fietsryers aangewys as die beste algehele ryers. Hulle is: Charlissa Schultz (o.17 meisies), Zack Aaron (o.15 seuns), Suveena Arries (o.15 meisies), Mia Aaron (o.13 meisies) en Stephanie Coetzee (o.11 meisies).
Die Eden-ryers wat plekke onder die eerste drie in die onderskeie katergorieë beklee het volg hieronder:
Kriterium-padrenne
Die kriterium padrenne is in Bridgton gehou op 'n sirkelroete van 2,7 km.
Edward Dalton van Oudtshoorn (3e o.11 seuns),
Stephanie Coetzee van Plettenbergbaai (3e o.11 meisies), Mia Aaron van Knysna (1e o.13 meisies), Anya du Plessis van Wildernis (3e o.13 meisies), Zack Aaron van Knysna (1e o.15 seuns) en Breyton Hendricks van Oudtshoorn (3e o.15 seuns).
Padfietswedren
Die padfietswedrenne is in die Volmoed-omgewing oor afstande vanaf 24km tot 107 km, afhangende van ouderdomsgroepe, beslis.
Stephanie Coetzee (3e o.11 meisies), Mia
Aaron (2e o.13 meisies), Anya du Plessis (3e o.13 meisies) en Charlizza Schultz (1e o.17 meisies).
Bergfiets individuele-tydtoets
Die tydtoet is op 'n bergfietsbaan van 2km beslis.
Edward Dalton (1e o.11 seuns), Kean Dalton van Oudtshoorn (3e o.11 seuns), Stephanie Coetzee (2e o.13 meisies), Dean Barnard van Oudtshoorn (3e o.13 seuns), Mia Aaron (1e o.13 meisies), Anya du Plessis (2e o.13 meisies), Beyante Goliath van Oudtshoorn (3e o.13 meisies), Zack Aaron (1e o.15 seuns), Breyton Hendricks (3e o.15 seuns), Suveena Arries van Oudtshoorn (1e o.11 meisies), Andrea Brandt van Oudtshoorn (2e o.15 meisies), Hano du Plessis van Wildernis (2e o.17 seuns) en Charlizza Schultz (1e o.17 meisies).
Uitvalwedren
In hierdie uitdagende wedren wat slegs vanaf o.15 vlak aangebied word, word soveel rondtes van 500m afgelê as wat daar ryers is. Met elke rondte val die laaste ryer uit totdat net een oorbly. Ryers het op die ovaalbaan met berg-fietse deelgeneem.