DRIEKAMP NUUS - Twee atlete van Eden-driekamp het by die SA naelrenkampioenskappe in Bloemfontein podiumplekke behaal.
Christian Hattingh was tweede in die ouderdomsgroep 16-17 jaar terwyl Malan du Preez derde in sy ouderdomsgroep geëindig het.
Christian is ook ingesluit in die SA Elitespan wat van 20 tot 23 Februarie in Troutbeck, Zimbabwe, aan die Afrikabeker-kampioenskappe gaan deelneem.
Gerhard Liebenberg, voorsitter van Eden-driekamp, het dié plaaslike atlete gelukgewens met hul besonderse prestasies en gesê hy baie trots is op die atlete wat hier op eie bodem ontwikkel is en nou al selfs internasionaal deelneem.
Eden-driekamp se volgende byeenkoms vir seniors (12 jr +) vind op Sondag 1 Maart in Groot-Brak plaas. Daar sal oor drie afstande deelgeneem word: Supernaelren (super sprint), naelren (sprint) en standaard (Olimpiese afstand). Spanne is welkom. Belangstellendes kan Eden Triathlon se Facebook-blad besoek
vir meer inligting of vir Corné Hattingh bel by083 289 2544 of per e-pos by edentriathlon@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'