OUDTSHOORN NUUS - Die Eden inheemse sportspan het verlede naweek vanaf 14 tot 16 Julie in Kuilsrivier, Kaapstad, aan die Wes-Kaapse inheemse speletoernooi deelgeneem en met ses medaljes, algeheel in die derde plek geëindig.
Volgens Phillip Seroux, woordvoerder en leier van die delegasie, het dié span goue medaljes in dibeke en diketo, verwerf, silwer- in drie stokkies en kcati en brons- in morabaraba en jukskei.
"Ons kon ongelukkig nie enige medaljes in die kodes khoko, ncuwa en intonga inpalm nie, maar ons hoop om volgende jaar beter in hierdie drie kodes te vaar."
Seroux het die span se puik vertoning as geskiedkundig beskryf; nie net vir die spelers nie, maar ook vir die streek in geheel.
En om alles te kroon, is van die Eden-deelnemers na die toernooi ook opgeneem in die Wes-Kaapse span wat in September in Durban aan die nasionale inheemse speletoernooi gaan deelneem.
Die seëvierende Eden inheemse-sportspan. Foto verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’