GEORGE NUUS - Die eerste triathlon-byeenkoms vir die seisoen het verlede naweek by Groot-Brakrivier plaasgevind, te midde van vreemde weersomstandighede.
Fotograaf Deidre Cloete het gesê hulle het wraggies vier seisoene in een oggend beleef.
Triathlon, of driekamp, soos dit ook bekendstaan, is 'n heerlike sport wat hardloop, swem en fietsry insluit. Laerskoolkinders sowel as bejaardes neem graag deel aan hierdie avontuur in die natuur.
Diegene wat voorberei vir die Ironman 70.3 wat op 17 November in Mosselbaai plaasvind, gebruik ook driekamp om vir hierdie sporthoogtepunt voor te berei.
GALLERY - Wilder as die wildtuin: driekampers laat waai in vreemde weer
Gaan loer gerus op www.edentriathlon.co.za vir verdere inligting asook die volledige uitslae.
JP van der Merwe, 'n plaaslike swemafrigter kan nie misgekyk word nie Foto's: Deidre Cloete
Super naelren (super sprint)
Mans/seuns
1. Johannes Brink 36:44
2. Cameron McEwan 42:55
3. Wanru Haasbroek 43:01
Vroue/dogters
1. Dune Haasbroek 41:20
2. Ianè Joubert 53:04
3. Mia Bester 55:03
Naelren (sprint)
Mans
1. Sabastian Swart 1:07:31
2. Christoff Louw 1:12:02
3. Ruben Marais 1:15:45
Vroue
1. Annabelle McEwan 1:16:48
2. Melissa Meyer 1:26:18
3. Zani Smith 1: 27:55
Spanne
1. Cilliers 1:24:14
Standaard
Mans
1. Bonga Nkqintiza 2:03:55
2. Roelf Vermeulen 2:07:44
3. Devon Kruger 2:25:22
Vroue
1. Jo-Mari Smith 2:31:43
2. Bettina van Wyk 2:38:08
3. Nelmarie van Broekhuizen 2:45:21
Spanne
1. Three Musketeers 2:51:38
2. Oosies 3:20:25
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’