Gallery
TUINROETE NUUS - Driekampatlete en hul getroue onder-steuners het Sondag 15 Januarie vir die eerste keer vanjaar in Groot-Brakrivier byeengekom. Ofskoon dit die eerste byeenkoms vir die jaar was, is dit die tweede driekampbyeenkoms vir die 2022/2023 seisoen.
Die Eden-driekampkampioenskap vind Sondag 5 Februarie in Groot-Brakrivier plaas. Vir meer inligting besoek www.edentriathlon.co.za.
Die Eden-driekampspan wat by die SA naelrenkampioenskappe op 26 Februarie in Maselspoort, Bloemfontein gaan deelneem, word binnekort aangekondig.
FOTOGALERY: Driekampatlete op Groot-Brakrivier
Jongste podiumuitslae
Super naelren (super sprint)
(400 m swem, 10 km-fietsry, 2,5 km-hardloop):
Mans/seuns:
1. Ruben Marais
2. Llewelyn Viljoen
3. Francois du Toit
Vroue/dogters:
1. Karli Lötter
2. Annabelle McEwan
3. Minay Botha
Rudolf Boshoff en Megan Higga lyk heel vrolik tydens die hardloopsessie.
Naelren (sprint)
(750 m-swem, 20 km-fietsry, 5 km-hardloop):
Mans:
1. Christian Hatting
2. Franna Voster
3. Jack Powell
Vroue:
1. Marlie Duvenhage
2. Madre van Zyl
3. Zani Smith
Standaardafstand
(1 500 m-swem, 40 km-fietsry en 10 km-hardloop):
Mans:
1. Bonga Nkqintiza
2. Hendrik van Zyl
3. Gerhard le Roux
Vroue:
1. Jo-Mari Smith
2. Lize van der Mescht
3. Chane Gricius
Bonga Nkqintiza is die algehele manswenner van die standaardafstand (1 500 m-swem, 40 km-fietsry en 10 km-hardloop). Foto's: Deidre Cloete
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'