GEORGE NUUS - Met 'n uitstekende oorwinning oor die vorige reeks se kampioen, KTV, het Disasters in die vierde ronde van die Kommaweer Stoffeerders Love 4 Vintage Somerliga vir besigheidspanne by die Outeniqua-rolbalklub weer die neus voor gekry.
KTV het na die derde plek teruggesak en moet nou 'n taai stryd voer teen die Skubbe as hulle in die voorlaaste ronde wil verseker dat hulle in 'n posisie wil wees om hul titel suksesvol te verdedig.
Soos Disasters het Skubbe ook deurgaans konstant goeie rolbal gespeel en gaan 'n harde neut wees om te kraak. Die voorlopers kom teen Butz & Gutz te staan en sal ook hul beste voetjie moet voorsit indien hulle die voortou wil behou.
Tydens die finale ronde aanstaande Donderdag gaan al die deelnemers met 'n biefstuk-ete bederf word. Nie-spelende ondersteuners kan ook saam eet deur vanaand bestellings by die klub te plaas.
Die wedstryde begin vanaand (Donderdag) weer om 18:00 en die klub is gretig om alle belangstellendes langs die bane te verwelkom. Die klublede berei heerlike ligte happies en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
The Privates is van links: Bart Pullenger, Chrissie en Gustav Wolmerans en Conrad Bothma.
Uitslae:
1 Disasters 46;
2 Skubbe 43;
3 KTV 42;
4 Butz & Gutz 41;
5 Supporters 39;
6 Boardware 37;
7 The Privates 37;
8 Chanel Dog & Cat Parlour 37;
9 Vorster Motors 35;
10 Bruwer Reynolds Prokreurs 35;
11 Bowling Stones 34;
12 Angel's 34;
13 Just Property 34;
14 Hot Stuff 34;
15 JDL Printing 34;
16 Ricoh 34;
17 Conti Kitchens 29;
18 Fireballs 29;
19 4 Musketeers 28;
20 Aces High 28;
Conti Kitchens se spanlede is van links: Johan May, Anzel Voster, Christo Serfontein en Roelien Serfontein. Foto's: Kobus van Wyk
21 Conti Granite 28;
22 Seamans Renault 27;
23 Butterbowls 26;
24 Bushwackers 25;
25 Kommaweer Stoffeerders 25;
26 Matopa Plumbers 22;
27 Mend a Bath 17;
28 Affluence Capital 16.
'We bring you the latest George, Garden Route news'