GEORGE NUUS - Dit is nie per ongeluk dat Accidental Bowlers nou voorloop in die Assupol-besigheidsliga van die Outeniqua-rolbalklub nie.
Die span het hul weg gaandeweg oopgeveg en verlede Donderdag die voorlopers, Butz & Gutz, geklop.
Bowling Stones het 'n vorige voorloper, Redline, geklop en in die tweede plek op die punteleer ingeskuif. Nou kom hulle vanaand (Donderdag) teen Accidental Bowlers te staan.
Skubbe, wat nou die derde plek beklee, het Coastal Relax geklop en kom nou teen Kommaweer Stoffeerders, wat in die vierde plek is, te staan.
Die reeks is reeds by die halfpadmerk verby en die geleenthede raak al skraler vir die spanne wat nog hoop op die kampioenskap.
Die wedstryde begin om 18:00 op die bane van Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherlands, en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon.
Daar is ligte etes en 'n kontantkroeg beskikbaar.
Uitslae:
1. Accidental Bowlers 36; 2. Bowling Stones 34; 3. Skubbe 34; 4. Kommaweer Stoffeerders 29; 5. Redline 29; 6. Butz & Gutz 29; 7. Kingearls 28; 8. Fireballs 28; 9. Ricoh 26; 10. Mustangs 26; 11. Coastal Relax 26; 12. Just Property 25; 13. Assupol Bowlers 24; 14. Ou Rollers 23; 15. Wildcats 22; 16. SB 22; 17 KTV 20; 18. Jack & 3 Jills 20; 19. SP Legal 19; 20. Die Bou-lers 18; 21. Balls of Fury 16; 22. Kloppers 14; 23. Creatives 14; 24. Vanniepadaf 13.
Wedstrydlys:
Accidental Bowlers t Bowling Stones; kubbe t Kommaweer Stoffeerders; Redline t Butz & Gutz; Kingearls t Fireballs; Ricoh t Mustangs; Coastal Relax t Just Property; Assupol t Ou Rollers; Wildcats t SB; KTV t Jack & 3 Jills; SP Legal t Die Bou-lers; Balls of Fury t Kloppers; Creatives t Vanniepadaf.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'