GEORGE NETBAL NUUS - Die Kwagga Michelle Groves se prestasies op die netbalveld laat mens sprakeloos: Kwaggas se netbalspeler van die jaar in 2017. Eerstespanspeler van Outeniqua die afgelope drie jaar. Kaptein van die Wes-Kaap van o.13 tot o.18 vir ses jare agtereenvolgens. SA skolespan. Protea-kleure in netbal.
SA Netbal se Prestige-toekenning by die Alle Ouderdomme-toernooi vir die top-35 spelers.
En aan die einde van die jaar kan sy 'n nuwe hoofstuk in haar netballoopbaan byvoeg noudat sy genooi is om aan die SA proewe deel te neem waarna 'n o.20-span gekies gaan word wat Suid-Afrika in Botswana gaan verteenwoordig.
Michelle het pas teruggekeer van Australië waar sy saam met die SA o.18-skolespan aan 'n internasionale toernooi deelgeneem het. Suid-Afrika het daar agtste uit 10 lande geëindig.
Dié talentvolle speler het net die grootste waardering vir die dertig stuks individue en instansies in George wat haar geldelik ondersteun het om die toer na Australië mee te maak.
Michelle in aksie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'