SPORT NUUS - Die jaar stap einde se kant toe, maar daar is die naweek nog sewesrugby vanaf Port Elizabeth en gholf uit Doebai op die SuperSport program.
Nadat die sewesrugbytoernooi in Suid-Afrika vir die laaste paar jaar in George gespeel is, verskuif die toneel nou na die nuwe rugbystadion in Port Elizabeth.
Sover is die toernooi aan die goue kus van Australië gespeel asook in Dubai. In Australië het die Blitsbokke derde geëindig. In Doebai het hulle goed begin en ook die All Blacks geklop.
Kom ons hoop dat alles vir die Blitsbokke goed sal verloop met die toernooi in die Baai.
Die Heinekenb-eker-wedstryde wat in Europa gespeel word, gaan die naweek voort. ‘n Hoogtepunt is die wedstryd tussen Saracens en Oprys. Saterdagmiddag speel Bath teen Leinster.
Gedurende die loop van die jaar het die voorste gholfers ter wêreld probeer om soveel punte as moontlik in te samel in die toernooie waarin hulle gespeel het vir die "Race to Dubai".
Die toernooi, wat verlede jaar deur Martin Kaymer van Duitsland gewen is, word die naweek op die woestynbaan gespeel. Van die wêreld se bestes neem deel.
Die 2de kriekettoets tussen Australië en die span van Nieu-Seeland begin Vrydag. In ons land word die eerste kwalifise-rende wedstryd gespeel in die SA Cricket Cup toernooi.
Op die sokkerveld is die hoogtepunt van die naweek die wedstryd Saterdag tussen Manchester United en Wolves.
Uitsaai hoogtepunte:
Vrydag 9 Desember:
Krieket 01:50 - Australië vs Nieu-Seeland, 2de toets, 1ste dag (SuperSport 2).
10:00 - Gholf: Dubai World Cup (SuperSport 6).
11:30 - Sewesrugby vanaf Port Elizabeth (SuperSport 1).
14:30 - SA Cricket Cup; kwalifiserende wedstryd (SuperSport 2).
Saterdag 10 Desember:
Krieket en gholf soos Vrydag.
11:30 -19:30 - Sewesrugby vanaf Port Elizabeth (SuperSport 1).
16:50 - Sokker: Manchester United vs Wolves (SuperSport 3).
19:50 - Rugby: Heinekenbeker, Saracens vs Osprys (SuperSport 6).
Sondag 11 Desember:
Krieket en gholf soos Vrydag.
14:30 - Heinekenbeker-rugby: Bath vs Leinster (SuperSport 1).
Posted on: 13:15 Wed, 07 December 2011
Your Comments
Confirmed Covid-19 cases in Garden Route District: