Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die Freda Barnard-swemgala 2023 by die Conville swembad se laaste dag het aangebreek. Daar is groot opgewondenheid en die deelnemers swem in sonskyn weer.
'n Groot klomp toeskouers moedig hulle van die langs die swembad aan.
Die geleentheid het Donderdag begin en eindig vanmiddag om 17:00. Fish Eagles Aquatics is die gasheer.
Tarita Pollicutte, organiseerder van die geleentheid, het gesê dis een van die grootste swemgeleenthede in die Wes-Kaap.
Dis die 42ste keer dat dit gehou word en die tweede keer in George. Altesame 35 klubs van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Pretoria (twee) en selfs 'n deelnemer van Bloemfontein neem deel. In totaal kyk 573 deelnemers in die swembad wie kan die vinnigste swem. Deelnemers se ouderdomme wissel tussen 6 en 44 jaar.
Vrydag het Gemma Spies (11) van die Oos-Kaap in haar groep 'n nuwe SA rekord in die 100 vryslag opgestel. Aanpassings moes Saterdag gemaak word as gevolg van die reënweer en swem kon nie plaasvind. Toeskouers is welkom om ook vandag se geleentheid by te woon.
Foto's:Eugene Gunning
VIDEO - Die son skyn en daar word heerlik geswem op die laaste dag van die Freda Barnard-swemgala 2023.Video:Eugene Gunning
VIDEO - Daar is groot opgewondenheid by die Conville-swembad waar die 42ste Freda Barnard-swemgala plaasvind.Video:Eugene Gunning
VIDEO - Deelnemers aan die 400m vryslag spook vanoggend dit uit tydens die Freda Barnard-swemgala. Video:Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’