GEORGE NUUS EN VIDEO - Nie eers die reën en koue weer demp vanoggend die geesdrif vir die eerste Cairo to Cape nie.
Deelnemers hardloop in twee wedlope - 21km en 8km.
Dit vind plaas op die plaas waar die bekende Kaart van Afrika geleë is.
Sowat 180 deelnemers het kort na 08:00 weggespring in die 21km en 10 minute later. het nog 180 deelnemers in die 8km weggespring. Die eerste deelnemers in die 21km word kort voor 10:00 by die wenpaal verwag.
Alewijn Dippenaar, organiseerder, het gesê hy is verras met die groot belangstelling en die opkoms.
"Dis trail running weer," het hy gesê.
VIDEO: CAPE TO CAIRO:
Jaco en Heidi Erasmus, deelnemers aan die 8km.
Deelnemers by die begin van die 21km.
Thys Potgieter van Danabaai het voor die wedlope skuiling gesoek teen die reën.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'