GEORGE NUUS - Met briljante spel in die eindstryd van die reeks het Butz & Gutz met die kampioenskap weggestap in die Riaan de Wit en Outeniqua Plumbers rolbalreeks vir besigheidspanne.
Die kampioene het in die eindstryd teen Kommaweer Stoffeerders te staan gekom en uiteindelik met sewe ligapunte geseëvier.
Bowling Stones en Boksombende was die ander twee spanne wat teen mekaar te staan gekom het en ook die titel in die oog gehad het. Stones het net-net gewen en die derde plek ingeneem met Boksombende in die vierde plek.
Die reeks was weereens 'n groot sukses met 28 spanne wat deelgeneem het. Na die eindwedstryde is al die spelers op 'n biefstukete getrakteer terwyl Fef Gericke vir die sang en musiek gesorg het.
Die volgende reeks skop op 27 Januarie 2022 af en baie van die voornemende deelnemers gaan Dinsdagaande oefen om verder op te skerp tot die reeks aanbreek.
Die naaswenners, Kommaweer Stoffeerders-span met hul pryse. Cindy de Jager (links) en Marissa Meyer (middel) het die pryse oorhandig.
Uitslae:
1 Butz & Gutz 66;
2 Kommaweer Stoffeerders 59;
3 Bowling Stones 57;
4 Boksombende 57;
5 Finovo 55;
6 Rheeder Vervoer 53;
7 Vault Properties 53;
8 Ou Rollers 51;
9 Accidental Bowlers 50;
10 Africorp Accounting 50;
11 Mend a Bath 46;
12 SP Legal 46;
13 Outeniqua Mot s 45;
14 Mustangs 45;
15 Diesel Koppe 44;
16 Mat Katte 43;
17 Tax Consulting 42;
18 Wild Rovers 42;
19 George Auto 42;
20 Bowlistics 42;
21 Securitas 42;
22 Enough is Enough 41;
23 Moore SC Inc 40;
24 Ricoh 39;
25 TRS 37;
26 Southern Cape Properties 1 37;
27 Cruizin Canine 35;
28 Southern Cape Properties 2 29.
Een van die borgspanne, Fanie en Cindy de Jager (links) se Bowling Stones-span het die derde plek ingeneem. Heel regs is Marissa Meyer wat die ryse uitgedeel het.
Jacques Vorster, leier van die kampioenskap, Butz & Gutz, tweede van links saam met sy spanlede baie ingenome met hulle uitstekende vertoning en titel. Links van hom is Cindy de Jager van Outeniqua Plumbers met Marissa Meyer van Riaan de Wit Prokureurs wat namens die borge die toekennings oorhandig het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'