Die grootste verrassing was waarskynlik dat die wenspan, die Bushwhackers, behoorlik met The Butcher Boys die vloer gevee het in hul wegholsege van 20-7 oor die voormalige kampioene at deurgaans uitstekend gevaar het.
Aces High, wat in die vorige reeks in die doodsnikke teen The Butcher Boys verloor het, het weer die tweede plek ingeneem.
The Spares Squad en The Butcher Boys het die gesamentlike derde plek verseker.
Die finale posisies op die punteleer was: 1 Bushwhackers (65); 2 Aces High (60 + 38 skote); 3 The Spares Squad en The Butcher Boys (63 + 32 skote).
Dit was deurgaans duidelik dat al die spanne die rolbal baie geniet het en die meeste sien reeds weer uit na die winterliga-reeks wat binnekort aanbreek.
Die klub het al die borge en deelnemende spanne bedank vir hul bydrae om die toernooi weereens so 'n groot sukses te maak en kon vir elkeen van die 112 deelnemende spelers op die laaste aand met 'n prys huis toe stuur.
Hierdie sosiale rolbalwedstryde het met elke reeks meer in gewildheid gegroei en elke keer moes van die spanne op 'n waglys geplaas word.
Baie van die ondernemings wat spanne inskryf, benut dit met groot vrug as 'n spanbougeleentheid.

Die Bushwackers hou hier triomfantelik hul pryse vas terwyl die organiseerder, Pierre Stander (heel links) en verteenwooridger van die borg, Marius Esterhuizen (vierde van links) saam met hulle fees vier.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'