GEORGE NUUS - Die George Sportskietklub (GSSC) het sy algemene jaarvergadering op 18 November gehou.
Die klub spog met 269 lede wat sportskietentoesiaste in die verskillende dissiplines, soos windgeweer, .22-, handwapen en langwapen (jaggeweer) insluit.
Na harde werk is die skietbaan ook SANS-geakkrediteer en spog die GSSC met 'n skoon veiligheidsrekord oor 33 jaar.
Die akkreditasie is 'n groot mylpaal en getuig van die kwaliteit van die baan.
Die GSSC nooi alle belangstellendes om die klub te kontak (sien Faceboek-blad) indien hulle belangstel om deel te neem aan die talle georganiseerde byeenkomste wat die klub aanbied.
Die klub se voorsitter, Anton Meyer, is deur klublede met 'n sertifikaat vereer vir tien jaar se uitnemende diens.
Die lede het ook lof en waardering uitgespreek teenoor die bestuurskomitee vir hul onbaatsugtige diens.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'