Agt skopboksers is opgelewer wat medaljes by die SA Kam-pioenskappe gebuit het en drie spanlede is in die SA Presidentspan opgeneem.
Die klub, wat as deel van die Blanco-sportklub deur Jannie en Anne van der Merwe op die been gebring is, is 'n groot stap vir ontwikkeling onder die kinders en seniors van Blanco. Lidmaatskap by die klub is gratis en verder word daar slegs op borge staatgemaak.
Van die sestig klublede het 26 aan die SWD-kampioenskappe deelgeneem toe 18 vir die SWD-span gekies is.
'n Totaal van 455 vegters het in die SA Kampioenskappe op Oudtshoorn deelgeneem waar die klub ook sy stempel afgedruk het.
Die drie vegters wat die SA Presidentspan gaan verteenwoordig is Rachel Tamboer (senior vroue), Ricayda Bezuidenhout (dogters) en Auschten October (junior seuns).
Die medaljewenners by die SA Kampioenskappe is Rachel Tamboer (twee silwer), sensei Landre Laws (brons), Stefanie Carolus (goud, silwer), Ricayda Bezuidenhout (goud, silwer), Auschten October (silwer), Olivia Davids (brons), Tamor Patel (silwer, brons) en Carlo Mathyse (silwer, brons).
Die vegters wat aan die SA Kampioenskappe deelgeneem het saam met die medaljewenners afgeneem.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'