Sponsored Content Video
SPORTNUUS - Vooraf inskrywings vir die 16de Ladismith Kaas 7weekspoort Bergfietsren, wat op 29 September in Ladismith plaasvind, het gister gesluit.
Laat inskrywings sal egter op die dag van die wedren toegelaat word.
Diegene wat 'n dag vroeër opdaag of wat hul voete bo wiele verkies kan reeds Vrydag 28 September aan die 6km pretdraf en 10km veldwedloop deelneem.
Drawwers begin om 18:00 by die Shalom Academy en inskrywings kan aanlyn gedoen word. Elke persoon oor die wenstreep ontvang 'n medalje en daar is heerlike pryse op die spel.
Daar sal die Vrydagannd ook 'n KKI Steak-ete wees en lewendige musiek om die atmosfees feestelik te hou.
Saterdag 28 September spring die deelnemers reeds vroegdag weg vir die 85km bergfietsren. Hoërskool- en Laerskoolleerders word aangemoedig om vir die 43km en 29kmwedrenne in te skryf.
Prysgeld is op die spel vir die eerste drie leerders oor die wenstreep en die wenskool ontvang prysgeld van R1 000.
Die katogorië vir leerders is:
- Laerskool (29km)
- Nipper seuns en meisies (8 tot 10 jaar)
- Sprog seuns en meisies (11 tot 12 jaar)
- Sub-junior seuns en meisies (13 tot 14 jaar)
- Hoërskool (43km)
- Youth seuns en meisies (15 tot 16)
- Junior seuns en meisies (13 tot 14)
Die wenskool word bepaal deur die aantal wenpunte wat deur leerders verower word. Die eersteplek kry 10 punte, tweedeplek sewe punt, derde plek vyf punte, vierde plek twee punte en vyfde plek een punt. Die skool met die meeste punte word as die wenskool aangewys.
Vir die volwassenes wat aan die bergfietsren deelneem is daar ook 'n hele aantal pryse op die spel.
Daar is groot kontantpryse vir die eerste Ladismitter oor die wenstreep, sowel as vir die eerste man en eerste vrou,
Diegene wat nie aan die items deelneem nie kan die mark met onder meer Ladismith kase en ander lekkernye en drinkgoed wat te koop sal wees, geniet.
Verblyf hoef ook nie 'n probleem te wees nie aangesien Dryland Event Management, wat die geleentheid organiseer, tentverblyf aanbied.
Vir meer inligting besoek die webtuiste by www.7weekspoortmtb.co.za
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'