Wedstryde het oor die naweek plaasgevind met die eindronde wat die Maandagmiddag gespeel is.
Die uitslae was:
Mans A afdeling: 1 Huber; 2 Trentyre; 3 Raiders.
Mans B afdeling: 1 Oppie Plaas 40; 2 Vipers; 3 Golden Harvest.
Gemengde afdeling: 1 JDI In Training; 2 Sanmik; 3 DHL Mixed Up.
In die mansafdeling het Nathan Campher die trofee ontvang vir speler van die toernooi en in die gemengde afdeling het hierdie eer Fernando Gagiano te beurt geval.
In die mans B het Shaun Stapples die speler van die toernooi trofee gewen.

Die span DHL Mixed Up na afloop van hul halfeindronde. Die spanlede is van links (voor): Freddie Fourie, Riaan Stander (k), Iwandie Hamilton. Agter: Louis van Zyl, Franscois Swart, Maruchelle Henning, Landi Davis, Sammy Strydom.

Die span van JDI in training se lede is van links (voor): Suanne Rankin, JP van Rooyen, Lezaan Gerber, Sammy Strydom. Agter: Nadia Alberts, Fernando Gagiano, Riaan Trump, Nathan Campher (k), Christo Smuts (spanbestuurder).