GEORGE ROLBALNUUS - As Accidental Bowlers nie met die kroon in die Assupol-besigheidsliga van die Outeniqua-rolbalklub wegstap nie, sal hulle agterna net hulself kan blameer.
Hulle speel vanaand in een van die eindstryde teen Ricoh en is reeds sewe ligapunte voor wat 'n stewige voorsprong in enige wedstryd is.
Maar Skubbe en Bowling Stones blaas ook in hulle nekhare en kan met 'n buitengewone poging nog verbyskuif.
Accidental Bowlers het hul voorsprong te danke aan 'n oorwinning oor Redline wat na die vyfde plek afgeskuif het. Ricoh het weer vir Coastal Relax geklop en die tweede plek ingeneem.
Skubbe, wat in die laaste wedstryde baie goed gevaar het, het vir Kingearls geklop, maar het nie genoeg punte ingesamel om na die tweede plek op te skuif nie.
Die wedstryde begin vanaand om 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, met die prysuitdeling wat na 20:00 volg. Die klub het ligte etes en 'n kontantkroeg beskikbaar.
Uitslae:
1 Accidental Bowlers 57; 2 Ricoh 50; 3 Skubbe 50; 4 Bowling Stones 48; 5 Redline 47; 6 Kommaweer Stoffeerders 47; 7 Butz & Gutz 46; 8 Kirsten & Tulleken Vervoer 45; 9 Kingearls 44; 10 Fireballs 44; 11 Coastal Relax 40; 12 Just Property 39; 13 Vanniepadaf 38; 14 Mustangs 38; 15 Balls of Fury 37; 16 Ou Rollers 37; 17 Die Bou-lers 37; 18 Wildcats 36; 19 Assupol Bowlers 35; 20 SB 33; 21 SP Legal 31; 22 Kloppers 30; 23 Jack & 3 Jills 26; 24 Creatives 24.
Wedstrydlys:
Accidental Bowlers t Ricoh; Skubbe t Bowling Stones; Redline t Kommaweer Stoffeerders; Butz & Gutz t KTV; Kingearls t Freballs; Coastal Relax t Just Property; Vanniepadaf t Mustangs; Balls of Fury t Ou Rollers; Die Bou-lers t Wildcats; Assupol Bowlers t SB; SP Legal t Kloppers; Jack & 3 Jills t Creatives.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'