GEORGE NUUS - Die borgspan Accidental Bowlers het met voortreflike rolbal by die ander spanne verbygeskuif en is nou in die eerste plek op die punteleer van die Outeniqua-rolbalklub se Riaan de Wit en Outeniqua Plubers-rolballiga vir besigheidspanne.
Hulle het teen die voorlopers, Vault Properties, te staan gekom en as wenners uit die stryd getree.
Kommaweer Stoffeerders het die groentjiespan, Outeniqua Moths, wat in die derde plek was, geklop en is nou self in die derde plek met die Moths wat tot 11de plek teruggesak het.
Die vierde ronde van ses word vanaand (Donderdag) op die Outeniqua-rolbalbane in Airwayweg, Heatherpark, gespeel en alle belangstellendes is welkom om dit gratis by te woon.
Ligte etes en 'n kontantkroeg is beskikbaar.
Uitslae:
1 Accidental Bowlers 37; 2 Bowling Stones 35; 3 Kommaweer Stoffeerders 34; 4 Ricoh 29; 5 Mat Katte 29; 6 Finovo 28; 7 Butz & Gutz 28; 8 Diesel Koppe 28; 9 Vault Properties 27; 10 Boksombende 27; 11 Outeniqua Moths 26; 12 Securitas 25; 13 Mend a Bath 24; 14 Wild Rovers 23; 15 Mustangs 23; 16 SP Legal 23; 17 Moore SC Ic 23; 18 Eough is Enough 22; 19 Rheeder Vervoer 21; 20 Tax Consulting 21; 21 Ou Rollers 20; 22 Southern Cape Properties 1 19; 23 Africorp Accounting 19; 24 Bowlistics 19; 25 Southern Cape Properties 2 25; 26 TRS 26; 27 George Auto 16; 28 Cruizin Canine 13.
Wedstrydlys:
Accidental Bowlers t Bowling Stones; Kommaweer Stoffeerders t Ricoh; Mat Katte t Finovo; Butz & Gutz t Diesel Koppe; Vault Properties t Boksombende; Outeniqua Moths t Securitas; Mend a Bath t Wild Rovers; Mustangs t SP Legal; Moore SC Inc t Enough is Enough; Rheeder Vervoer t Tax Consulting; Ou Rollers t Southern Cape Properties; Afrikorp Accounting t Bowlistics; Southern Cape Properties 2 t TRS; George Auto t Cuizin Canine.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'