GEORGE NUUS - Junior laerskoolstudente van die Bear Fight Club in George het by die Suid-Afrikaanse gemengde gevegskunskampioenskappe en die nasionale jujitsu-kampioenskappe in Stellenbosch uitnemend vertoon.
Nege het goue medaljes verower en is as nasionale kampioene gekroon. Hulle is Malan van Aardt, Reinhart Prins, William Whitehead, Daniel Whitehead, Ethan McDonald, Jessica Whitehead, John Michael Clift, Timothy Whitehead en Toby Hoepfner.
Charlize Cato het 'n silwermedalje gebuit en Marno Meyer, Eddie Prins en Jurie Prins elk 'n bronsmedalje.
Al dié studente het ook gekwalifiseer vir die nasionale Proteaspan wat aan die wêreldkampioenskappe in Amerika gaan deelneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'