Die fietsrylegende Willie Marx, 'n sewemalige Suid-Afrikaanse naelritkampioen, het pas by die SA Baankampioenskappe in Durban drie medaljes losgejaag.
Marx het twee goues in die 200 m-naelrit en die 500 m-tydtoets gewen en ook 'n sil-wermedalje in die 2000 m-tydtoets in die
ouderdomklas 70+.
Wat dié prestasie nog meer merkwaardig maak, is dat hy in George, waar hy woon en werk, nie 'n fietsrybaan het om op te oefen nie.
Ter voorbereiding vir die SA's het hy in Maart vir agt dae in Port Elizabeth vir die nasionale baanbyeenkoms gaan voorberei en toe sy speke in Durban laat sing.
Dit is vir die ander veterane 'n bedekte seën dat hy in George bly en nie op 'n plek met die nodige oefengeriewe nie. Dan sou hy sweerlik waar al wat 'n medalje was saamgebring het.
Willie Marx vertoon een van die goue medaljes wat hy by die SA Baankampioenskappe in Durban gewen het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'