GEORGE GIMNASTIEK NUUS - Lede van die Zest ritmiese gimnastiekklub in George het Saterdag 24 April aan hul eerste kompetisie van die jaar deelgeneem.
Die kompetisie het in Franschhoek plaasgevind en is deur die Infinity-gimnastiekklub vanuit die Paarl gereël vir gimnaste vanaf vlak 4 en verder. Die Zest-gimnaste het altesame 11 medaljes huis toe gebring.
Maxine Rodriques, Olivia Farrell, Talitha Janse van Rensburg, Elaine Steenberg, Simone Truter, Liza van der Merwe en Merike Groenewald, almal vlak 6 gimnaste, neem saam met Annabelle Kruger (vlak 5), Clara Campbell (vlak 8) en Mikka van Niekerk (vlak 10), eerskomende Saterdag in Stilbaai deel aan 'n kompetisie vir gimnaste van vlak 1 tot 10.
Mikka van Niekerk
Clara Campbell
Annabelle Kruger
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'