GEORGE GHOLFNUUS - Twee Johans, Johan Smit en Johan Heyl, was onlangs aan die wenkant tydens Dolphins Creek-gholfklub se maandelikse houespel.
Die kompetisie, waartydens ook om die medalje meegeding is, is weer deur Pick n Pay (Groot-Brakrivier) geborg en die goeie pryse het bygedra tot die goeie gees wat geheers het.
Smit was die wenners van die medalje-kompetisie en is gevolg deur Lourens Jansen van Nieuwenhuizen, Niel Theron en Reg Anderson.
Heyl was die wenner van die individuele kompetisie.
In die Woensdag-kompetisie, wat 'n IPS-formaat was, het Nic Oosthuizen met die louere weggestap. Eddie Hanekom was die naaswenner en is gevolg deur Niel Theron, Louis Adams en Japie Genis.
Die Saterdag-kompetisie se wenners is van links: Johan Smit, Lourens Jansen van Nieuwenhuizen, Niel Theron, Reg Anderson en Johan Heyl.
Die wenners van Woensdag se individuele kompetisie was van links: Nic Oosthuizen, Eddie Hanekom, Niel Theron, Louis Adams en Japie Genis.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'