GEORGE GHOLFNUUS - Die klubkaptein van Dolphins Creek-gholfklub, Niel Theron, het Saterdag voortreflike gholf gespeel en die klub se kompetisie gewen.
Sy telling was 37 punte (14 HI) en hy is gevolg deur Japie Genis 35 pte (2 HI) en Lourens J van Nieuwenhuizen 35 Punte (9 HI).
Die Woensdag-kompetisie wat 'n IPS-formaat was, is deur deur Frango's Groot-Brakrivier geborg.
Die wenner was Jan Meyer met 36 pte (21HI). Die naaswenner was Japie Genis met 35 pte. Hy is gevolg deur Niel Theron 34 pte (14 HI) en Nic Oosthuizen 33 pte
(12 HI) wat die vierde plek ingeneem het.
Die spelers het hulle nie deur die uitsonderlike warm weer laat afskrik nie en deurgaans hul beste met die gholfstokke gelewer.
Die spelers wat tydens die Woensdag-kompetisie aan die wenkant was, is van links: Jan Meyer, Japie Genis, Niel Theron en Nic Oosthuizen.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'