GHOLFNUUS - Gholfspelers wat nie vir die winterkoue skrik nie kry op 17 Augustus die geleentheid om hul slag by die Dolphins Creek-gholfklub te toon.
Op hierdie dag word die klub se gewilde jaarlikse Winter Classic aangebied en alle belangstellendes is welkom om in te skryf en hul vaardighede op hierdie baan op die proef te stel.
Die formaat van die kompetisie sal 'n houespel (medalje) wees en word oor 27 putjies beslis. Die eerste afslaan is om 08:30. Die onderskeie afdelings waarin gekompeteer word, sal bepaal word na gelang van die aantal inskrywings wat ontvang word.
Die inskrywingsfooi is R150 per speler en dit sluit ligte verversings na 18 putjies in.
Vir besprekings en verdere navrae kan die klub by 044 620 3278 geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'