GEORGE GHOLFNUUS - 'n Klomp 'haweloses' het Saterdag op die Dolphins Creek-gholfbaan toegesak om hul slag op die baan te wys.
Die geleentheid was die klub se Hobo-dag toe baie van die spelers saamgespeel en hul in vodde gedrapeer het wat vir groot genot gesorg het.
Op die baan het die spelers in 'n IPS-kompetisie deelgeneem wat goed ondersteun is en goeie spel opgelewer het.
Die spelers wat pryse vir hul gholf ontvang het, is van links: Eddie Hanekom, Louis Adams, Harold Terblanche, Nic Oosthuizen, Johan Spangenberg, Mymie Oosthuizen, Shirley Pressley, James Barnard, Zelda de Lange en André Botha.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'