GEORGE GHOLFNUUS - Die Glenwood-gholfbaan is nou ten volle by GolfRSA geaffilieer nadat dié baan vroeë vanjaar, net voor die inperking, deur 'n paneel geëvalueer is.
Rita Herholdt, wat in die Suid- en Wes-Kaap baangraderings doen, het aan George Herald gesê Glenwood voldoen nou aan die minimum vereiste meters van 'n langbaan. Die wêreldwye standaarde vir baangraderings is verlede jaar aangepas sodat tradisionele korter bane en dié met slegs nege putjies ook langbaanstatus kan kry.
Hoewel daar nog 'n paar tegniese probleme is wat ons moet uitstryk, is Glenwood nou vir alle doeleindes 'n langbaan en by GolfRSA geaffilieer." Glenwood het twee syfer 4- en sewe syfer 3-putjies.
Fotogalery: "Open Season" op die gholfbaan
Ian Gibbon, eienaar van Glenwood, sê die baan was nog nooit so besig nie. "Sedert gholfbane weer oopgestel is, is ons oorval deur lede en nie-lede wat wou kom speel. Hierdie is beslis 'n wen-wen situasie vir almal betrokke by dié sport."
Dorian Popham slaan sy bofhou op die vierde putjie.
Ja, dié gholfspelers weet beslis hoe om sosiale afstande te handhaaf soos dié klublede van Glenwood-gholfklub gewys het op die eerste speeldag nadat bane weer oopgestel is. Van links: Dawie Steyn, Jerry Cloete, Francois Potgieter (klubbkaptein) en Burtie Terblanche.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'