GEORGE GHOLFNUUS - Gehalte gholf is vanjaar tydens die gewilde jaarlikse King's Classic by die Dolphins Creek-gholfklub gesien toe 'n groot aantal spelers opgedaag het.
Die formaat was 'n '2 Ball Alliance IPS Scramble Drive' wat die deelnemers ooglopend baie geniet het.
Dolf Groenewald en Dumay Boulle het met 89 punte die kompetisie gewen met Brett van Vuuren en André Barnard (83 pte) as naaswenners.
Die ander uitslae is: 3 Johan Heyl en Ben Erasmus (81 pte), 4 Koegie Koegelenberg en Colleen Beukes-Lions (79 pte), 5 Gert van Rooyen en James Barnard (79 pte), 6 Gys en Japie Genis (79 pte), 7 Darryl King en Mymie Oosthuizen (79 pte).
Naaste aan die pen: Dolf Groenewald 1/10 en Koegie Koegelenberg 9/18.
Sukkel Beker: Johan de Lange; Aubrey Scheepers.
King Spot: Dolf Groenewald en Dumay Boulle.
Chipping: Japie Genis.
Die borge wat die kompetisie moontlik gemaak het, was Nolene King, Darryl King en Niel Theron Gholfers Club, Old Mutual en Cash Crusaders Thembalethu.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'