TUINROETE NUUS - Dolphins Creek-gholfklub naby Groot-Brakrivier daag alle gholfspelers in die streek, harde baarde en beginners, uit om hul gholfbaan te probeer tem tydens die klub se jaarlikse ope dag op 20 Julie.
Die kompetisie is 'n houespel (medalje) en word oor 27 putjies beslis. Die eerste afslaan is om 08:30 en die afdelings sal bepaal word na gelang van die aantal inskrywings. Die koste is R150 per speler.
Die inskrywingsfooi sluit ook 'n smullekker eetstop van smulhappies na 18 putjies in.
Vir besprekings kan die klub by 044 620 3278 geskakel word.
Woensdag is 'n IPS-kompetisie by die klub gespeel en die wenners was: 1. Willie du Toit, 2. Jack Croome, 3. Nic Oosthuizen, 4. Neil Christie en 5. Gerrie Bezuidenhout.
Saterdag het die klub 'n 2 bal samespel-kompetisie aangebied en die wenners was: 1 Wikkie van Vuuren (CH 17), 2 Ben Erasmus (CH 14), 3 Niel Theron (CH 16), 4 Johan Spangenberg (CH 05).
Die wenners van die Woensdag-toernooi is van links: Willie du Toit, Jack Croome, Nic Oosthuizen en Neil Christie. Gerrie Bezuidenhout was afwesig tydens die neem van die foto.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'