GEORGE GHOLF NUUS - Gerhardt Botha het Saterdag die borgdagkompetisie by Dolphins Creek-gholfklub, wat deur Pick n Pay geborg is, gewen.
Die IPS-kompetisie het 'n groot aantal spelers gelok en verskeie taai kompetisies is tussen die putjies deur gesien.
Willem Alberts was die naaswenner met Wikkie van Vuuren derde en Niel Theron vierde.
Dawie Steyn se balle was heeltyd steeks by die putjies en hy het gevolglik die prys vir die meeste gholf ontvang.
Die wenners van die '2 Club'-kompetisie was André Barnard, Niel Theron, Ben Erasmus en Gerhardt Botha.
Johan Heyl het die prys vir die naaste aan die pen gebuit.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'