GEORGE GHOLF-NUUS - André Barnard het Saterdag met die wenprys weggestap in die Pick n Pay geborgde IPS-kompetisie op die Dolphins Creek-gholfbaan by Groot-Brakrivier.
Die goeie pryse wat op die wenners gewag het, het gesorg dat 'n groot aantal inskrywings ontvang is en die spelers hul beste gelewer het.
Barnard (46 punte) het heeltyd koelkop gebly en uiteindelik met 'n voorsprong van drie punte gewen.
Willem Alberts (43) was die naaswenner met Errol van der Westhuizen (43) derde gevolg deur Gerrie Bezuidenhout (43), Gert van Rooyen (42) en Gys Genis (42).
In Vrydag se Meatrun-kompetisie het Toelie Fourie (26 punte) weer 'n slag met die swaarste braaipak weggestap deur die kompetisie te wen. Gert van Rooyen was tweede met 24 punte en Neil Theron het die kompetisie vir naaste aan die pen gebuit. Woensdag is ook 'n Pick n Pay geborge IPS-kompetisie gespeel wat deur Nic Oosthuizen (40 punte) gewen is. Japie Genis was tweede met 39 punte en André Barnard (39 punte) derde.
Die wenners van Woensdag se IPS-kompetisie was van links: Nic Oosthuizen, Japie Genis en André Barnard.
Die wenners van die IPS-kompetisie is van links: André Barnard, Willem Alberts, Errol van der Westhuizen, Gert van Rooyen en Gys Genis. Gerrie Bezuidenhout was afwesig met die neem van die foto.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'