TUINROETE GHOLFNUUS - Die Kankervereniging (Kansa) bied gedurende Maart drie gholfdae aan om geld in te samel.
Die eerste gholfdag vind plaas op 12 Maart by Mosselbaai-gholfklub.
Putjies is te koop teen R500 vir 'n gewone putjie en R1 000 vir die graswal (putting green). 'n Vierbal vir die Mosselbaai-gholfdag beloop R1 000 wat 'n spelersfooi en 'n donasie aan Kansa insluit.
'n Gholfdag word ook op 13 Maart by Kingswood in George aangebied. Putjies teen R500 per putjie is beskikbaar en besighede wat belangstel kan ook 'n bof of putjie bespreek.
Die normale ledefooi plus R150 kompetisiefooi geld vir die dag.
'n Gholfdag word ook op Pinnacle Point aangebied waar putjies teen R500 beskikbaar is, of 'n graswal, asook die geleentheid om saam met 'n rugbylegende in 'n 4-bal te kan speel. Die legendes wat "te koop" aangebied word is Tiaan Strauss, Marius Schoeman (Sewes-faam), Marius Joubert, De Wet Barry, Danie Gerber, Anton Leonard, Johann Kapp, Conrad Breytenbach, Hottie Louw, Braam Els, Mark Wood, Meyer Bosman, Manie du Toit, Gavin Hume, Charl Marais en Jaco Gouws.
Die koste hier beloop R799 per persoon vir die drie wat saam met die legende wil speel plus R1 000 vir die legende. By hierdie prys is 'n gholfkarretjie, spelersfooi, donasie aan Kansa en 'n ligte maaltyd met die prysuitdeling ingesluit.
Pragtige pryse is by al hierdie gholfdae te wen.
Gholfspelers regoor die spektrum word uitgenooi om by van die gholfdae betrokke te raak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'