GEORGE NUUS - Drie aksiekrieketspanne van SWD het vanjaar ‘n paar provinsies goed skrik op die lyf gejaag tydens die nasionale kampioen-skappe.
Die SWD Ope- gemengde span het onlangs in Kaapstad meegeding en uit hul agt wedstryde net twee verloor. Hulle het provinsies soos Gauteng-Noord, Westelike Provinsie, Oos-Gauteng, Boland en Wes- Gauteng geklop.
Hulle het net KwaZulu-Natal nié kon klop nie en het in die eindstryd gou teen dié span vasgeval sodat hulle die tweede plek ingeneem het.
Die o/30-SWD- gemengde span het net drie wedstryde verloor uit 11 wat gespeel is.
Hulle kon net vir Gauteng nie klop vir die goue medalje nie en het dus ‘n silwer medalje ingepalm.
Die kampioenskap is in Kaapstad gehou.
Die SWD- junior span (o/15-seuns) het die afgelope week in Benoni aan hul nasionale kampioenskappe deelgeneem waar hulle die 3de plek verower en só die bronsmedalje ingepalm het.
Hul het ‘n paar Gauteng-spanne lekker skrik op die lyf gejaag.
Die volgende spelers het All Star-kleure verwerf (gelykstaande aan Springbok-kleure): SWD Ope Gemeng: Michelle du Preez, SWD o/30 Gemeng: Jaco Gerber, Grant Simpson, Marissa Bakkes, SWD-o/15-seuns: Duhan van der Merwe.
Die spanne bedank al hul borge wat die toer vir spelers moontlik gemaak het.
SWD Ope Gemeng 2010: Agter (van links) Niel de Villiers, Stephan Schenck, Jaco Fourie, Marius Fourie, Charl Fourie, Christo Smuts (spanbestuurder). Voor: Alicia Hartman, Michelle du Preez (All Star), Sonet Fourie (k), Melanie Strydom en Jana Nell.
SWD o/30 Gemeng 2010: Agter (van links): Grant Simpson (All Star), Francois Verwey, Jaco Gerber (All Star), Marthinus Potgieter en Marius Hofmeyer. Voor: Annette Veldsman, Candice Reynolds, Chantelle King, Sunelle Coetzee (k), Marissa Bakkes (All Star) en Christa Hattingh.
SWD o/15 2010: Agter (van links): Johan Schwartz (Ass- afrigter), Rohan Compion, Bremmer Claasen, Duhan van der Merwe (All Star), Byron van Wyk, en Carina Crause (afrigter). Voor: Dylan Tesner, Johan Schwartz (jnr), Daniel Vosloo (k), Johan-Marc Olivier en Charldon Strydom.