OUDTSHOORN KRIEKET NUUS - Albertus Kennedy, uitvoerende hoof van die SWD-krieketunie, het gisteraand tydens die Oudhoorn-sakekamer se netwerkaand by die Oudtshoorn - Sportterrein (REC) aangekondig dat SWD-krieket se hoofkantoor binnekort na George sal skuif.
Volgens Kennedy is hierdie besluit weens strategiese redes geneem om die finansiële volhoubaarheid van die SWD-krieketunie te verseker.
"Ongelukkig is dit so dat hoë-profielwedstryde wat oor die jare op Oudtshoorn gespeel was, swak ondersteun is." het hy gesê.
Die Oudtshoorn koerant sal volgende week volledig oor die kwessie berig.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'