KRIEKET NUUS - Kielie United het by die afgelope Paasnaweek vir die derde agtereenvolgende jaar met die louere by die Thomas Pretorius-krieketfees op die Young Stars-ovaal weggestap.
Die tuisspan het 420 Stars van Riversdal met vier paaltjies geklop om die Cup-afdeling van dié fees te wen.
Vanjaar het 14 spanne deelgeneem, waaronder twee uit Riversdal.
Die toernooi, wat vir sewe jaar aangebied word, het nie net opwindende krieket opgelewer nie, maar ook gesorg dat twee organisasies, waaronder die plaaslike senior burgerklub en die dorp se sokkerklub, finansieel daaruit sal baat.
Dié ses-aan-'n-kant-toernooi is vir die vyfde agtereenvolgende jaar deur die Wynland Vriendekring, onder leiding van Vennito van Niekerk, 'n opvoeder en jeugaktivis, aangebied.
Daar is in drie afdelings meegeding, naamlik die Bowl-, Plaat- en Cup-afdelings. In die Bowl-eindstryd het P Squad van Riversdal die plaaslike Royal Challengers Barlowlaan (RCB) geklop, terwyl die Wynland Mongolians die Maplotters in die Plaat-eindstryd gewen het.
In die Cup-eindstryd tussen Kielie United en 420 Stars het die tuisspan gemaklik met vier paaltjies gewen nadat hulle 'n teiken van 96 lopies gestel het way hulle met die verlies van een paaltjie behaal het.
Die groep vriende wat as die Paasbolletjies aan die toernooi deelneem het is agter, van links: Jerome Esau, Coenie Rowe, Heinrich Hartnick, Leon Hartnick, Alvin February en Phillip Saayman. Voor: Andrew Pieters, Eslin Heneke, Michael Williams en Garth Esau.
Vennito van Niekerk, voorsitter van Wynland Vriendekring, oorhandig hier die Bowl-afdelingstrofee aan P Squad van Riversdal se kaptein, Keaton Petersen.
Vennito van Niekerk, hooforganiseerder, oorhandig hier die Cup-afdeling se beker aan Henrico Esau (regs) van Kielie United.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’