GEORGE ATLETIEK NUUS - Wilderness het die afgelope naweek, 30 Mei, gasheer gespeel vir Eden-driekamp se derde dubbelkampbyeenkoms vir die seisoen.
Dubbelkamp behels twee dissiplines, hardloop-fietsry-hardloop, wat agtereenvolgens plaasvind.
Die podiumuitslae was as volg:
Naelren (sprint)
(5 km-hardloop, 20 km-fietsry, 2,5 km-hardloop):
Mans:
1. Bonga Nkqintiza, 2. AJ Spieringshoek,
3. Josua Vorster
Vroue:
1. Esrie Loock-Bezuidenhout, 2. Jo-Mari Smith, 3. Liezel Pretorius
Super naelren (super sprint)
(2,5 km-hardloop, 10 km-fietsry, 1,25 km-hardloop):
Mans/seuns:
1. Hanno Maritz, 2. Cuan Wildeman,
3. Ruben Marais
Vroue/dogters:
1. Annabelle McEwan, 2. Karli Lötter,
3. Anje van Niekerk
Die span wat Eden-driekamp by die Suid Afrikaanse Kampioenskappe in Gqeberha (Port Elizabeth) gaan verteenwoordig, word binnekort bekendgemaak. Intussen is verskeie Eden-atlete gekies om aan die volgende internasionale byeenkomste deel te neem:
Sprint World Championships - Hamilton, Bermuda (Oktober):
- Jo-Marie Smith (30-34j)
- Eileen Ketterer (35-39j)
- Jo Pieters (50-54j)
- Franna Vorster (50-54j)
- Dave Savage (55-59j)
Standard World Championships - Edmonton, Kanada (Augustus):
- Tina van Wyk (55-59j)
African Champs - Sharm El Sheikh, Egipte (Junie):
- Christian Hattingh (16-19j)
Die volgende dubbelkampbyeenkoms sal aangebied word op die 13de Junie, ook in Wilderness. Almal is welkom om deel te kom neem. Belangstellendes kan Eden-triathlon se Facebook-blad besoek vir meer inligting of vir Eileen Ketterer kontak by 084 404 2695.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'