Die rateltaai hardlopers het vir ‘n prysgeld van R30 000 gekompeteer.
Die wedloop oor 100km, wat in drie dae voltooi is, staan bekend as die wedloop met "een woud, een berg en baie bome".
Op dag een is 25 km aangedurf in die Outeniquaberge toe daar by Cradockpiek weggespring en tot by Saasveld gehardloop is.
Dag twee se roete het oor 40 km gestrek tussen die Homtini- en Knysnarivier. Die wegspring was by die Beervlei-hut met die eindpunt by die Melkhout-hut.
Op dag drie is die pad aangepak tussen die Melkhout-hut via Jonkersberg tot by die eindpunt by Diepwalle.
Die uitslae is:
Dames ope: Karen van der Merwe (Stilbaai) 11:26:17.
Vroulike veteraan: Sanmari Woithe (Port Elizabeth) 11:00:54.
Mans ope: Jason Courts (Kaapstad) 09:54:29.
Mans veteraan: Emil Hougaard (Port Elizabeth) 10:29:06.
Deelnemers maak reg om weg te spring in die "Forest Trial Run". (Foto: Jan Heenop)