Gallery
GEORGE NUUS - Verskeie atlete in die SWD is Vrydagaand, 20 Januarie, vereer tydens 'n geleentheid in Wilderness.
Shireen Noble, president van SWD-atletiek, het Maandag gesê dit was SWD-atletiek se jaarlikse prysuitdeling.
Pryse is onder meer gegee in die afdelings van padwedlope, baan- en velditems en veldwedlope.
"Dit was 'n geslaagde funksie waar 39 atlete erkenning gekry het vir hul werk in die 2022-seisoen."
FOTOGALERY: SWD-atletiek se jaarlikse prysuitdeling
Chanelle Britz is die baan- en veldatleet van die jaar. By haar is Robin Hermanus en Overton November.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'