Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S -Daar is groot sport vanmiddag, Vrydag 4 Februarie op Groot-Brakrivier se sportveld en die pawiljoen, is reeds volgepak met geesdriftige ondersteuners.
Drie skole, Groot-Brakrivier Sekondêr, Hoërskool George en Pacaltsdorp Hoërskool dun mee vir die wisseltrofee.
Mossel Bay Advertiser vryskutfotograaf, Elaine van der Toorn was by die geleentheid om die sportsterre op kamera vas te vang.
VIDEO: Elaine van der Toorn Elaine van der Toorn gesels met die skoolhoof van Groot-Brakrivier Sekondêre skool
VIDEO: Die pawiljoen is besig om vinnig vol te raak
Skoolhoof van Groot-Brakrivier Sekondêr, mnr Speelman, Anton Gericke en die organiseerder, Peter Smith.
Atlete van Pacaltsdorp besig met opwarming. Altesaam 45 atlete van die woongebied neem aan die byeenkoms deel.
Die o/17 dogters in aksie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Mosselbaai nuus'