GEORGE NUUS - Rencia de Jager, 'n leerling van York High het onlangs deelgeneem aan atletiekproewe wat in die Paarl gehou is.
Sy het vir die Eden-streek deelgeneem en 'n eerste plek behaal in die 100 m.
Sy is gekies vir die WP-atletiekspan wat aan die nasionale kampioenskappe vir sekondêre skole gaan deelneem. Dit vind 15 tot 18 Maart in Germiston, Gauteng, plaas. Sy sal aan die dogters o.19 in die 100 m en 200 m deelneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'