Gallery
GEORGE ATLETIEKNUUS - Lloyd Bosman van Nedbank-atletiekklub het die Palm Tyres se halfmarathon Saterdag gewen met sy spanmaats John April en Lindile Tokota kort op sy hakke.
Carla Spangenberg en Annatjie Botes, albei van Nedbank, was in die vrouepadwedloop oor 21,1 km onderskeidelik eerste en tweede.
In die 10 km-wedloop het Francois Maquassa (wenner), Selwyn Matthews (2de) en Godwin Heyns (3de), almal van Nedbank, skoonskip gemaak. Hul klubmaats Cecilia Nel en Lana Theunissen het die vrouewedloop gewen met Chané Gricius van Grasshopper Outeniqua Harriers derde. Sy was ook die voorste junior vrou met Luther Blaauw (Nedbank) die beste junior man.
Deidre Cloete het die reën getrotseer om die aksiefoto's te neem.
Die Palm Tyres-halfmarathon se skilderagtige roete was 'n lus vir die oog hoewel die groep atlete net op die pad gefokus was.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'