Gallery
TUINROETE NUUS - PetroSA se padwedlope is Saterdagoggend in ideale weer op Mosselbaai aangebied en het 800 atlete gelok.
Atletiek SWD het dit aangebied.
Lloyd Bosman (Nedbank SWD) het die halfmarathon in 1:05.23 gewen.
Die atlete van Grasshopper Outeniqua Harriers, Mxolisi Fana en Wouter Frazenburg, was onderskeidelik tweede en derde in die veterane-afdeling. Selwyn Losper (1:18.30) van Mosselbaai was eerste en Sydney Landsberg (1:24.32) van Nedbank SWD derde in die meestersafdeling.
In die vroue-afdeling was Carol Groenewald (1:54.36) van Hartenbos Drawwers derde oor die wenstreep in die veterane afdeling. Allison Jordaan (1:44.49) van Nedbank SWD was derde in die meesters afdeling.
In die grootmeestersafdeling is Adele Ungerer (2:02.20) van Hartenbos Drawwers tweede oor die wenstreep. Anna-Marie van Eck (2:38.41) van Nedbank SWD het die groot-grootmeesterafdeling gewen.
Ita Stiglingh (2:29.01) van Sedgefield Striders en Jacolene Calitz (2:35.04) van Nedbank SWD was onderskeidelik tweede en derde in die stapafdeling. Bianca le Grange (1:53.20) van Nedbank SWD het die junior afdeling ingepalm.
Munyarodzi Jari (2:20.59) wat in tydelike kleure deelgeneem het, het die marathon gewen. Lindile Tokota (2:40.58) van Nedbank SWD was vierde in die veterane afdeling.
Phillipus du Toit (3:23.05) van Hartenbos Drawwers en Jason Jafta (3:28.18) was onderskeidelik derde en vierde in die meestersafdeling. Robert de Reuck (3:45.50) van CapeMultisport Eden was vyfde in die grootmeesterafdeling.
Loveness Madzeva (2:34.02) van Nedbank KZN het die ope-vroue afdeling gewen. Die veteraan, Nerina Lubbe (3:35.34) van Hartenbos Drawwers was die tiende vrou oor die wenstreep.
Virginia van Schalkwyk (4:04.51) van Hartenbos Drawwers en Una Saayman (4:35.15) van Nedbank SWD was onderskeidelik derde en vyfde in die meestersafdeling. Monica Kriel (4:34.08) van Hartenbos Drawwers was tweede in die grootmeestersafdeling.
Booi Salman (34:41) van Nedbank SWD en Mauritz Janse van Rensburg (37:10) van Grasshoppers Outeniqua Harriers was onderskeidelik tweede en derde in die veterane afdeling van die 10km-wedloop.
Patrick Peters (38:15) van SAW en Samuel Windvogel (44:23) van Outeniqua Harriers was onderskeidelik tweede en derde in die meestersafdeling.
Die grootmeestersafdeling is gewen deur Patrick Rawlins (42:39) van Outeniqua Harriers en Andre Niemand (45:02) van Hartenbos Drawwers.
Nic Brummer (52:14) van Sedgefield Striders, Leslie Stuart (53:22) van Nedbank SWD en Plaatjie Cronje (59:09) van Outeniqua Harriers het die grootmeestersafdeling gewen.
Die stapafdeling is oorheers deur Elwich van Wyk (48:20) van Outeniqua Harriers en die Nedbank SWD-atlete, Bradley Carelse (49:38) en Antonio Farmer (51:40).
Die Nedbank SWD atlete, Melissa van Rensburg (38:40) was tweede, junior Brittney-Ann Meyer (40:22) vierde en Elne Conradie (41:44) van Hartenbos Drawwers vyfde oor die wenstreep in die ope-vroue afdeling.
Die veterane-afdeling is oorheers deur Lisl Grobler (41:52) van Knysna-marathonklub, Lanene Jansen van Rensburg (47:49) van Outeniqua Harriers en Johanna Claassen (48:08) van Nedbank SWD.
Cia Herholt (46:33) van Nedbank SWD was tweede en Delmarie Henning (48:40) derde in die meestersafdeling.
Die grootmeestersafdeling is gewen deur Mariet Horn (56:11) van Knysna-marathonklub en die Outeniqua Harriers atlete, Elizabeth Herbst (1:02.31) en Rose Marie Kruger (1:02.44).
Die Nedbank SWD atlete, Magdalena le Roux (1:15.04), Lisetta Visagie (1:15.30) en Geraldine Loftie-Eaton (1:19.32) het die grootmeesterafdeling oorheers.
Liezel van Wyk (1:03.08) van Nedbank SWD, Karen Otto (1:10.14) van Hartenbos Drawwers en Alida Bailey (1:12.54) van Nedbank SWD het die stapafdeling ingepalm.
ARTIKEL: ANDRÉ STANDER, GEORGE HERALD KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'