GEEORGE NUUS - Die jaarlikse Palm Tyres-padwedlope 21,1 km en 10 km padwedlope vind eerskomende Saterdag 8 Desember plaas.
Dié gewilde wedloop is die tweede oudste wedloop in George en word sedert 1996 deur Palm Tyres
Die wedlope begin en eindig by Palm Tyres in Symmonslaan. Die 21,1 km-wedloop begin om 06:00 en die 10 km om 06:15.
Voorafinskrywings vir die wedlope het reeds gesluit, maar laatslapers kan Saterdagoggend vanaf 04:45 by Palm Tyres gedoen word. Die koste vir die laatinskrywings vir die 21,1 km is R65 en R55 vir die 10 km. Klubatlete betaal R20 ekstra. Tydelike atlete moet 'n daglisensie van R35 betaal.
Die verskillende kategoriewenners sal prysgeld ontvang.
Alle atlete wat die wedlope voltooi sal medaljes ontvang. Daar is ook 'n gelukstrekking tydens die prysuitdeling om 09:30.
Bel vir Duppie by 084 501 0168 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'