TUINROETE NUUS - Die Palm Tyre-padwedlope vier vanjaar sy mondigwording. Grasshopper Outeniqua Harriers sal vir die 21ste keer gasheer wees vir dié gewilde padwedloop oor 21,1 en 10 km, wat Saterdag in George aangebied word.
Die wedloop lok jaarliks atlete van oor die Suid-Kaap en ook heelparty vakansiebesoekers aan die Tuinroete.
Met die son wat al vroegoggend kop uitsteek, sal die 21,1 km-wedloop om 06:00 begin en die 10 km om 06:15.
Albei padwedlope is heen en weer roetes met die 21,1 km wat uit die dorp beweeg en gaan draai by die ou tolhuis op die Montagu-pas. Die eerste vyf kilometer van die 10 km is dieselfde as dié van die 21,1 km.
Laatinskrywing kan Saterdagoggend van 05:00 af by Palm Tyres gedoen word.
Atlete moet kennis neem dat die inskrywingsgeld vir die 21,1 km is R65 vir klubatlete, maar laatinskrywings betaal R20 ekstra. Tydelike atlete moet R35 opdok.
Vir die 10 km betaal klubatlete R55. Laatinskrywings kos R29 ekstra en tydelike atlete betaal R35 ekstra.
Daar is weer prysgeld vir die verskillende kategorie-pryswenners in albei wedlope op die spel.
Alle atlete wat die wedloop binne 3 uur voltooi vir die 21,1 km en binne 90 minute vir die 10 km, sal medaljes ontvang.
Gelukstrekkings sal by die prysuitdeling om 09:30 gedoen word.
Vir navrae skakel Alf by 083 650 5098.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'