GEORGE ATLETIEK NUUS - Die jaarlikse Palm Tyre 21,1 km en 10 km-padwedlope vind vanjaar vir die 23ste keer plaas en word Saterdag 7 Desember gehardloop.
Die wedloop wat begin en eindig by Palm Tyre op die hoek van Courtenay en Symondslaan begin onderskeidelik om 06:00 (21,1 km) met die 10 km vyftien minute later.
Die 21,1 km-roete is weer na die ou tolhuis en terug met die korter wedloop wat ook 'n uit-en-terug-roete in die rigting van Glenbarrie is. Laatinskrywings van die wedloop kan vanaf 05:00 by die beginpunt gedoen word.
Inskrywingsgeld beloop R65 vir klubatlete in die 21,1 km en tydelike atlete moet 'n ekstra R35 betaal. 'n Laatinskrywingsfooi van R20 is ook van toepassing.
Inskrywingsgeld beloop R55 vir klubatlete in die 10 km en tydelike atlete moet 'n ekstra R20 betaal terwyl die laatinskrywingsfooi van R20 ook geld.
Kategoriewenners in die twee wedlope sal prysgeld ontvang terwyl almal wat die wedlope binne die afsnytyd voltooi medaljes kry. Stappers is ook welkom en gelukstrekkings sal by die prysuitdeling plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'