Gallery
GEORGE NUUS - Atlete van Laerskool Outeniqua het uitgeblink tydens die PSG-byeenkoms wat op 8 Februarie in Hartenbos gehou is.
Die skool gee 'n besondere gelukwensing aan Jac du Plessis, wat nie net goud verwerf nie, maar ook die 1 200m-rekord vir seuns o.13 verbeter met 'n tyd van 3:48:81.
Benewens die Outies van wie foto's verskyn, het die volgende atlete ook podiumplekke losgeslaan:
- Goud: Megan Botha: 80 m en 100 m dogters o.10; Melissa Schrieber: 80 m dogters o. 11
- Silwer: Milan de Villiers: 75 m-hekkies, dogters o. 12
- Brons: Milan de Villiers: 100 m en 150 m dogters o. 12
- Dogtersaflosspan: Megan Botha, Melissa Schrieber, Milan de Villiers en Lila Koen
Jaime Swanepoel verwerf brons in die 70 m-hekkies vir dogters o.10.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'