GEORGE NUUS - Laerskool Outeniqua is baie trots op drie leerders wat van 24 tot 26 Maart aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem het.
Lenka Viljoen, Jac du Plessis en Karlien Oelofse het uitstekend presteer.
Hulle het vier podiumplekke losgeslaan met twee goue medaljes, een silwermedalje en een vierde plek.
Lenka Viljoen is ook as die beste dogtersveldatleet van die dag aangewys.
Lenka Viljoen het twee goue medaljes gewen, vir spiesgooi en gewigstoot, en is ook as die beste dogtersveldatleet van die dag aangewys.
Karlien Oelofse spog met 'n silwermedalje in die o.11-gewigstoot.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'