GEORGE ATLETIEKKLUB - Lloyd Bosman, John April en Gershwill Jacobs, almal van die Nedbank-atletiekklub, was verlede Saterdag die toppresterende mans by die jaarlikse Outeniqua-marathon met eerste plekke in onderskeidelik die marathon (42,2 km), die halfmarathon (21,2 km) en die 10 km-wedloop.
Candyce Hall (Carbineers), Lorette Pretorius (Team Valley) en Lana Theunissen (Nedbank) het die drie vrouewedlope oorheers.
Johan Faasen het saamgedraf om die aksie vir die George Herald vas te vang.
Peter Jaehne van Grasshopper Outeniqua Harriers (links) en Whayn Windwaai (Nedbank) wens mekaar geluk ná afloop van die halfmarathon. Whayn was algeheel 17de en Peter 18de.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'